Blog > Article

Speen sonder stres en verhoog produktiwiteit

by Deur Izak Hofmeyr

Effective weaning that minimises loss of production is critical for successful beef cattle production.

S

peentyd is een van die mees spanningsvolle tydperke in ’n koei-/kalfproduksiestelsel en die uitdaging is om kalwers op só ’n manier te speen, dat hulle die minimum gewig weens stres verloor. Die algemene manier van speen is om koeie totaal van hul kalwers te skei. Dit, volgens navorsing deur die Amerikaanse veekundige Jennifer Ligon, veroorsaak gelyktydig twee stresfaktore by die kal- wers, naamlik ’n skielike voedingsveran-dering en ’n verandering in hul fisiese en sosiale omgewing.

 

Deur dié twee stresfaktore te skei, sê Ligon, kan die stresimpak op die kalf én koei dramaties versag word. Om dit te bewerkstellig word ’n toestel gebruik wat die kalf verhoed om te suip, terwyl hy steeds by sy ma loop en dus in die omgewing waaraan hy gewoond is, bly.

Neem produksieverliese in ag

Volgens Judy Richardson, stigter van EasyWean® NoseRings® op Vryburg in
Noordwes, dink baie produsente die impak van speenstres is nie hulle probleem nie. “Die gedagte is dat die koste van die stres, en dus die verlies aan produksie, vir die rekening van die koper is, en nie die verkoper nie,” sê sy. “Dit geld dalk vir die gesondheidstatus en groei van die kalf, maar dit neem nie die koei se verlies aan produksie in ag nie.

 

Stres beïnvloed beide die reproduksie en melkproduksie van die koei. As die koei gespanne is, word reproduksie en moedereienskappe onderdruk. “Dit beteken dat speenstres beslis ook ’n faktor vir die verkoper is. Daarmee saam raak die menslike behandeling van vee ’n ál groter vereiste by verbruikers. Laestresbehandeling van vee het dus ook ’n impakop openbare siening.”

Neusringe om speenstres te demp

Die beste manier om speentydstres te verlaag, sê sy, is die gebruik van ‘n neusring soos EasyWean® NoseRings®. Met dié neusring aan, kan die kalf by ’n dieet sonder melk aanpas terwyl hy nog in die teenwoordigheid van sy ma is. Terselfdertyd kry die koei geleentheid om liggaamskondisie vir die volgende kalfseisoen te herstel.

 

Die geheim van hierdie speenmetodeis dat dit ’n geleidelike, tweestapproses is – eers onttrekking van toegang tot melk en dan skeiding van die ma. Die neusring het plastiese uitsteeksels wat dit enersyds moeilik vir die kalf maak om te suip en andersyds ongemak vir die koei veroorsaak as die kalf probeer suip, sodat sy die kalf van haar uier wegdruk.

 

So speen die koei haar eie kalf oor ’n paar dae, waarna die neusring afgehaal en die kalf fisies van die ma geskei kan word. Die ring deurboor nie die binnekant van die neus nie en kan maklik afgehaal en hergebruik word.

Vir meer inligting, kontak
Judy Richardson by 053 927 4999,
082 459 9451 of
judy@wholeconcepts.co.za,
of besoek www.nosering.co.za.

Wat sê veeboere?

Veeprodusente reg oor die land gebruik NoseRings® met groot sukses. JD van der Vyver van Brandwagt in die Vryburgdistrik, gebruik dit al vir baie jare. Een van die grootste voordele, sê hy, is dat hy selektief kan speen. “As jy byvoorbeeld ’n eerstekalfvers se kalf vroeër wil speen, sit jy doodgewoon die neusring aan die kalf en los hom by sy ma.

 

So kan jy selektief volgens geboortedatum speen. Met ’n kalfseisoen van drie maande is daar ’n groot verskil tussen die oudste en jongste kalwers. Die neusring maak dit moontlik dat die jongste kalwers ook eers hul ideale speengewig bereik voor jy hulle speen.”

 

Volgens Alison Oates van die plaas Oatesdale in die Oos-Vrystaat, is NoseRings® baie handig vir buiteseisoenkalwers. Omdat hierdie kalwers apart of in klein groepies bemark word, bied NoseRings® jou die vryheid om die kalwers in die koeikudde te hou, totdat pryse gunstig vir bemarking is.

 

Piet van der Linde van Tweefontein by Vryburg, sê vir hóm is een van die groot voordele dat hy nou nie meer met gebreekte drade sukkel nie. “Met die

neusringe weet ek amper nie eens ons is besig om te speen nie. Alles is maklik en ontspanne, met minimale speenskok.”

Privacy Policy / POPI Act

Produced & supplied by Whole Concepts.

© 2026 Whole Concepts. All rights reserved. Designed by ProAgri Media

Privacy Policy / POPI Act

Produced & supplied by Whole Concepts.

© 2026 Whole Concepts. All rights reserved. Designed by ProAgri Media

Privacy Policy / POPI Act

Produced & supplied by Whole Concepts.

© 2026 Whole Concepts. All rights reserved. Designed by ProAgri Media

Privacy Policy / POPI Act

Produced & supplied by Whole Concepts.

© 2026 Whole Concepts. All rights reserved. Designed by ProAgri Media