Blog > Article

Speen met EasyWean®: Dit gaan oor
die koei

by Deur Izak Hofmeyr

As jy dink aan neusringe vir speendoeleindes, dink die meeste van ons dat dit oor die stres by die kalf gaan, maar
dit gaan eintlik oor die koei. Sy is per slot van rekening die fabriek waarop die hele produksiestelsel gebaseer is.

Die neusring word maklik ingesit deur die vasdraai van ‘n skroefie.

D

ie gebruik van ‘n neusring as hulpmiddel om kalwers te speen, is nie nuut nie. Dit kom reeds van die middel negentigs aan en menige produsente vind baat by dié metode om stres tydens speen te verminder.

Vroeg in die 1990’s was Dick Richardson en Judy Vercueil van Whole Concepts by ‘n beesboerdery in die Vryburg-omgewing betrokke waar hulle ongeveer 500 kalwers per jaar gespeen het. In daardie tyd het hulle ook veeprodusente regoor Suider-Afrika in holistiese bestuur opgelei. Hulle het besef dat daar ‘n beter manier moet wees om kalwers met verminderde stres te speen. En so het hulle ongeveer 27 jaar gelede met die EasyWean”-neusring vorendag gekom.

Aanvanklik, sê Judy, was die mikpunt bloot om bestuur te vereenvoudig. Om kalwers reg langs hulle moeders te speen het veld- en kuddebestuur net soveel vergemaklik. Dit het hulle egter net een speenseisoen geneem om die impak van die neusring op stresverligting tydens speen raak te sien.

Terugvoer van 'n produsent

Een van die produsente wat ook die voordele van die neusringe besef het, is Leo Roets van Leoma Bovelders wat saam met sy pa, Leo senior, in die Piet Plessis omgewing in die Kalahari boer. Aanvarıklik, së hy, het hulle die neusringe begin gebruik om speenskok en gepaardgaande gewigsverlies by hul verskalwers te vermin der. Hulle mikpunt was om hulle verse die eenste keer op ouderdom 24 maande te laat kalf. Dit beteken dat die verse op ouderdom 14 tot 15 maande reeds die teiken van 60% van hulle volwasse massa moet bereik.

“Ons mikpunt is dat ons vervangings verse deurgaans gewig optel, en hierdie opwaartse kurwe word onderbreek wanneer die kalwers gespeen word. Dit is ongewens, want in ons ekstensiewe boerdery-omgewing is dit bykans anmoontlik om daardie gewig weer tussen speentyd en dektyd te wen.” Met ons soetveld kan ‘n speerivers met ‘n goeie winterlek en goeie winterwei ding, tussen 250 en 300g per dag optel. Indien sy egter 8kg tydens speen verloor, moet jy haar ‘n maand langer hou om .net weer haar oorspronklike gewig te bereik. Aan die ander kant, hoe vroeër die vers haar doelgewig bereik, hoe vroeër kan sy gepaar word en in die produksielyn kom. Gewigsverlies by speen het dus verreikende implikasies in ons stelsel.”

Tabel 1: Gemiddelde gewigsverskil oor
tien-dae speentydperk, 2022-proef.
(Bron: Leo Roets)

Neusring-groep Kontrole-groep
Kalwers 0,9kg -9,4kg
Moeders 4,2kg -9,9kg

Let op koeigewig

Leo het egter gevind dat die gewigs-verlies van die kalwers tydens speen nié die heel belangrikste aspek is wat bestuur moet word nie. Selfs méér belangrik is die gewigsverlies van die koeie – van hulle kan tot 40kg tydens die speenproses verloor. Dit het verreikende implikasies vir daardie koei se vrugbaarheidsrekord.

“Vir ons wat uitsluitlik op natuurlike weiding boer, is dit baie moeilik om 40kg gedurende die winter op te maak. Ons speen in Mei en begin in September kalf, wat beteken ons het maar net drie en ‘n half maande om daardie 40kg op te maak. In die winter is dit feitlik onmoontlik sonder duur byvoeding. Die implikasie is dat die koei dus nie in optimale liggaams-kondisie is wanneer sy kalf nie. Dit het weer groot implikasies vir die koei se besetting in die volgende seisoen.”

Hy sê die neusringe bied ‘n dramatiese vermindering van speenskok en gepaard-gaande gewigsverlies. Omdat hulle in die eerste twee weke van Mei speen, is ‘n redelike hoeveelheid groen gras nog beskikbaar. Met die neusringe loop die kalwers vir die eerste tien dae van speen nog by hul moeders en wei langs hulle.

Gewigsverlies is minimaal en as die kalwers dan weggeneem word, het daardie koei genoeg tyd om vir haar volgende kalwing in September of Oktober voor te berei. Binne ‘n maand na speen, sê Leo, lyk dit asof sy koeie ekstra kos gekry het.

Leo se data van ‘n proef in 2022 van ‘n groep van 15 kalwers met neusringe en 15 daarsonder vir die tien-dag tydperk, is in Tabel 1 vervat. Dit bevat ‘n opsomming van die gemiddelde verskil in gewig na die tien-dae tydperk. Die kalwers en hulle ma’s is met die insit van die neusringe en met die uithaal daarvan geweeg.

Voordelig vir die koei

“As jy ’n tussenkalfperiode (TKP) van 365 dae wil handhaaf, is dit noodsaaklik dat jou koeie se kondisie so gou as moontlik ná speen weer verbeter om reg te wees vir kalftyd. Maar sonder ekstra voer of graan reste terwyl die veld in die winter verswak, is dit nie ’n maklike taak nie. As jou koeie dus hul kondisie tydens speentyd kan behou, maak dit ’n reuseverskil, nie net wat kostes betref nie, maar ook wat betref hul kans om vinnig na kalwing dragtig te raak. Neusringe is ’n handige instrument wat die hele proses vergemaklik.”

 

As jy aan neusringe vir speen dink, dink die meeste produsente dat dit oor die stres by die kalf gaan, maar in werklikheid gaan dit meer oor die koei, verduidelik hy. Sy is per slot van sake die fabriek waarop die hele produksiestelsel gebaseer is. In hulle wêreld, sê Leo, is die optimale liggaamskondisietelling by kalwing tussen 3,5 en 3,7 om ’n TKP van 365 dae te hand-haaf. Koeie kan hierdie kondisietelling met gemak sonder byvoeding bereik. Die afge-lope ses jaar, sedert hulle met die neusringe begin het, kon hy, nieteenstaande droër en natter jare, hierdie mikpunt bereik.

Neusringe kan herhaaldelik gebruik word.

Goele kondisie help bevrugting

Ons paar ons versies die eerste leer op ouderdom 13 tot 15 maande, sodat hulle nie later as ouderdom 24 maande die eerste keer kalf nie. Daarna mag hulle nooit ‘n jaar oorslaan nie. Ek vind dat die verlaging van speenstres wat die neusringe teweegbring, definitief ‘n rol speel in daar die verse se vermoë om so vroeg dragtig te raak.

 

“Die eintlike toets is om daardie eerste kalfvers weer die volgende jaar betyds dragtig te kry. Dit is hier waar die neusringe se waarde werklik duidelik word. Daardie vers ervaar die minimum speenskok en verloor nie gewig nie. Gevolglik herstel haar kondisie maklik en is sy drie maande later weer reg om bul toe te gaan.

 

Die afgelope sowat agt jaar het ons konstant ‘n herbesetting van 92% in ans eerstekalfverse-dit is die nadraai van die koei se kondisietelling wat nie daal nie. Sy kom dus makliker deur die winter en is teen dektyd in optimale liggaamskondisie, sonder dat sy ekstra kos hoef te kry”

 

Die ontwikkeling van die eisel gebeur reeds sowat 100 dae voor bevrugting, verduidelik Leo. Om dus te waarborg dat elke koei se eiselle teen dektyd vir bevrugting gereed is, beteken dat daardie koei die vorige 100 dae al in die beste kondisie moes wees. Dit bring jou tot kort voor kalftyd wanneer die koei ‘n optimale kondisietelling moet hë vir ‘n gesonde eisel am ordentlik te ontwikkel. Dit is net soveel goedkoper en makliker om haar kondisie-telling op die regte tyd op die regte pyl te bring, as sy nie ‘n liggaamsgewig agterstand het wat sy tydens speen verloor het nie.

 

“Die prys van ‘n neusring wat oor en oor gebruik kan word, is maar rondom R25 teenoor die prys van sakke duur voer. Die neusring is dus ‘n baie goedkoop instru ment wat jou help om by jou mikpunte vir koeiproduktiwiteit uit te kom”

Vir meer inligting, kontak Leo Roets by 082 820 6956 of Judy Vercueil by 082 459 9451 of judy@nosering.co.za.

Privacy Policy / POPI Act

Produced & supplied by Whole Concepts.

© 2026 Whole Concepts. All rights reserved. Designed by ProAgri Media

Privacy Policy / POPI Act

Produced & supplied by Whole Concepts.

© 2026 Whole Concepts. All rights reserved. Designed by ProAgri Media

Privacy Policy / POPI Act

Produced & supplied by Whole Concepts.

© 2026 Whole Concepts. All rights reserved. Designed by ProAgri Media

Privacy Policy / POPI Act

Produced & supplied by Whole Concepts.

© 2026 Whole Concepts. All rights reserved. Designed by ProAgri Media