Blog > Article

EasyWean®: Gentle Weaning, Stronger Returns

EasyWean® NoseRing® allows producers to wean calves without separating them from their mothers.

Koste per kg vleis geproduseer
Produksie Konvensionele boerdery Drukbeweiding
Produksie 38 kg per ha 70.3 kg per ha
Diesel R1.00 R0.79
Lek R5.97 R4.44
Arbeid R2.94 R1.47
Totaal R9.91 R6.70
Grond R9.81 R4.91
TOTAAL R19.72 R11.61

Die resultate

Hy doen gereelde ontledings van die kwaliteit en kwantiteit van sy weiding wat dui op merkbare herstel tesame met meer organiese materiaal in die grond, beter infiltrasie en waterhouvermoë asook verhoogde voedingswaarde. “Die miskruiers is terug. Ons doseer ook nie meer ons beeste nie. Die natuurlike biodiversiteit het baie verbeter: Ons begin al
hoe meer natuurlike peulplante en ’n veel groter en beter samestelling van grasspesies
opmerk. Vir die eerste keer in 30 jaar sien ons nou selfs groen grassoorte in die winter.

Dit alles help ons meer beeste op ’n volhoubare basis op ons grond aan te hou.” Die drakrag het tot vier keer verbeter van sowat 1 bees op 6 ha tot 1 bees op 2,6 ha wat ’n beduidende verskil in winsopbrengs maak. “Die prys wat jy betaal in terme van speenmassa en TKP lyk nie so goed vir jou as stoetboer nie, maar my wins het bykans verdriedubbel.” Gerrit het ’n grafiek getoon om te wys hoe sterk sy wins per ha die afgelope tien jaar toegeneem het, maar aanvanklik eers die sogenaamde j-aanpassingskurwe moes deurmaak wat boere maklik kan laat opgee.


Hy het gewys hoe die speenmassa in sy kudde erg gedaal het, hoofsaaklik weens foute wat hy gemaak het en skoolgeld wat hy eers moes betaal. “Ons het aanvanklik net een kalfseisoen gehad, want ek het geglo ’n mens kan nie in my omgewing twee hê nie. Gevolglik het veral my verse meer gereeld oorgeslaan. Ek het niemand gehad om te raadpleeg nie. Dit is intussen reggestel.” ’n Positiewe ontwikkeling van herlewingslandbou was dat sy kudde se volwasse massa dieselfde as voorheen gebly het, maar die beeste se skouerhoogte het afgeneem. “Ons het ’n korter, breër bees begin teel (form follows function).”

Die deurbraak

Uiteindelik het hy verlede jaar dit reggekry om 70 kg per ha produseer. “Op die oog af was ons reproduksiesyfers fantasties toe ons net 38 kg per ha ge produseer het. Nou produseer ons soveel meer ten spyte van ’n swakker speensyfer en TKP.” Gerrit sê dit het ook ’n uitwerking op ander insetkoste gehad. Brandstof- en arbeidskoste is laer en lekkoste het verminder.


“Ons het besef ons moet nou meer proteïen en minder energie gee. Ons gee fosfaat afsonderlik.” Produksiekoste het van R9.91 tot R6.70 per kg gedaal en grondkoste met amper R5 tot R4.91. Dit beteken hy produseer nou ’n kg vleis teen ’n totale koste van R11.61 teenoor voorheen se N$19.72. Hy kry sowat R37 per kg vir ’n speenkalf. “Die grootste voordeel van herlewingslandbou is dat die duurste uitgawe – jou grond – halveer na gelang van hoeveel beeste jy aanhou. Hoekom spog ons oor speenmassa eerder as wins per ha? Dit is mos wat ons op die plaas hou. 

 

Dit is baie maklik om ’n hoër speenmassa te hê, maak net jou beeste minder sodat hulle meer kan vreet. Ek sal dalk nooit weer die LNRprys wen nie, maar ons gaan die prys by die bankbestuurder wen.” Suid-Afrikaanse statistieke wat bygehou word deur Stellenbosch se prof James Blignaut toon boere wat herlewingslandbou toepas se wins is veel beter as die nasionale gemiddeld vir konvensionele boerdery. “Ek sluit af met enkele waarhede. Die heel goedkoopste tussen om gras te koop of te huur is om self meer te groei. Jy kan nie ’n spel wen waar ander die reëls opstel nie. As ons nie na ons weiding kyk nie, gaan ons nooit suksesvol wees nie. Die geheim lê onder die grond. Goeie bestuur is die goedkoopste manier.”

It began with a simple question in the dry grazing zones of South Africa and Namibia:

 

How do we make weaning less stressful for both animals and farmers? That seed, planted in 1997, grew into EasyWean® ’s NoseRing® /NeusRing® . Developed by farmers, for farmers, right here in Southern Africa’s toughest grazing conditions, and today trusted globally and used by thousands of farmers to benefit millions of calves and lambs.

Designed to reduce stress, improve production, and increase profitability, the EasyWean
NoseRing allows producers to wean calves without separating them from their mothers.
With no separation stress, calves retain weight better and cow condition is maintained resulting in higher conception rates in the next season.

Even herd planning becomes simpler. Because calves remain with the cows, farmers can reduce the number of herds or run a single herd altogether. Grazing becomes more flexible, with more paddocks available for rest and regrowth. After record rains last summer, many Namibian farmers are retaining replacement heifers. 

 

EasyWean supports this by allowing weaning in-herd, which lightens the load on the cow while maintaining growth in the heifer. In trials conducted in the Northern Cape, heifers weaned next to their mothers were 30 kgs heavier at bulling than those conventionally weaned.


As one farmer put it: “Your NoseRings are simply the best method ever invented for cost-effective and humane weaning of calves.”– Gordon Waring, Blouhuis Farm, Riversdale
With 28 years of on-farm results and global adoption, EasyWean has proven its value across climates, herd sizes and farming systems. It’s a flexible tool for modern challenges – from early weaning in bad years to rebuilding herds in good years, and even in times of movement restrictions like recent Foot and Mouth outbreaks, EasyWean lets you adapt without stress. 

 

Calves stay in the herd, growth continues and planning remains under your control. And the farmer keen on strategic sales can stagger weaning based on age or grazing availability, optimising timing to match market dips and peaks. “A remarkable innovation that may save the beef industry millions.” – Chris Nel, Farmer’s Weekly EasyWean isn’t just a tool; it’s an investment in calmer animals, better planning, and longterm profitability

Privacy Policy / POPI Act

Produced & supplied by Whole Concepts.

© 2026 Whole Concepts. All rights reserved. Designed by ProAgri Media

Privacy Policy / POPI Act

Produced & supplied by Whole Concepts.

© 2026 Whole Concepts. All rights reserved. Designed by ProAgri Media

Privacy Policy / POPI Act

Produced & supplied by Whole Concepts.

© 2026 Whole Concepts. All rights reserved. Designed by ProAgri Media

Privacy Policy / POPI Act

Produced & supplied by Whole Concepts.

© 2026 Whole Concepts. All rights reserved. Designed by ProAgri Media