Blog > Article

Die EasyWean-NeusRing: ’n Aanwins vir beesprodusente

JP Van Den Berg

JP van den Berg van die Molopo in Noordwes is op ’n beesplaas gebore en boer die afgelope 14 jaar al. Daar is nie ’n spesifieke ras in sy kudde nie, maar wel ’n bees wat meestal uit Afrika-bloedlyne bestaan. Dit is vrugbare koeie met goeie melk wat hul eerste kalwers op 30 maande kan speen, weer binne die toegelate tydperk beset raak, en daarna jaar op jaar ’n kalf lewer. Hy gebruik EasyWean se NeusRing al sedert 2020.


Volgens JP is die NeusRing ’n bestuursmiddel. “Dit stel die personeel wat by die veeposte
woon in staat om kalwers te speen selfs al is hy alleen op sy pos. Kalwers kan individueel op ’n daaglikse of weeklikse basis gespeen word, hoe dit ook al inpas in elke individuele boer se bestuurstelsel.”

Die NeusRing kan vir meer as een seisoen gebruik word. Personeel word aangemoedig
om NeusRinge deeglik aan te sit om verliese te beperk. Wanneer dit egter wel verlore raak, is dit maklik om te vind. JP verduidelik dat die NeusRing kalwers die geleentheid gee om rustig binne 14 tot 21 dae te speen, terwyl hy/sy nog saam met die koei in dieselfde kamp loop. Daar is geen risiko van speenkalwers en koeie wat drade breek nie. Die kalwers is rustig wanneer hulle van die koeie weggeneem word en is maklik om te hanteer.

“Wanneer jy diere aan spanning onderwerp, word dit in hulle produksiesyfers gereflekteer.
Met deesdae se onvoorspelbare markte is daar vir my te veel risiko daarin om maande voor die tyd te besluit presies op watter dag ek gaan speen, ’n groep kalwers by hul moeders gaan afhok en mark toe stuur. Ek speen die kalf langs sy ma en almal is tevrede – van die kalf en koei tot die personeel.”

JP noem dat die waarde van indirekte besparings soos tyd nie onderskat moet word
nie. “Dit speel ’n geweldige groot rol in diesukses van elke besigheid en daar is wonderlike hulpmiddels wat produsente in staat stel om optimaal te produseer. Ondersoek, toets
en, indien dit waarde toevoeg, gebruik hulpmiddels wat jou meer produktief sal maak.

Joubert Swanepoel

Joubert Swanepoel van die Vryburg/Piet Plessis-omgewing boer al sedert 1990 met beeste en het tans ’n kudde van tussen 500 en 550 Bovelderkoeie. Hy gebruik die NeusRing die afgelope drie jaar al. Volgens Joubert is daar ’n paar voordele verbonde aan die ring, waarvan maklike speen een is. “Jy sit net die NeusRingetjie aan en die kalf speen langs sy ma. Die voordeel daarvan is natuurlik dat daar geen speenstres is nie. Ons sien ook dat die koeie en kalfies dit maklik aanvaar.”

 

Die koeie en kalwers hardloop ook nie op en af op soek na mekaar nie. Dit vergemaklik die hele speenproses. Dit is makliker om die kalf weg te neem sodra die melkspeentydperk verby is, en daar is feitlik geen gewigsverlies in veral die koeie nie. Vir Joubert is die maklike hantering van ’n klaargespeende dier die belangrikste. “Die les wat ek geleer het is dat as jy die melk wegvat, die proses van skeiding alreeds plaasvind want die kalwers is dan al sewe tot agt maande oud.

 

“Die koeie aanvaar die speenproses en raak gou rustig. Die proses van stresvrye speen is nou ’n moontlikheid. In die verlede was dit ’n gestoei om ’n klomp kalwers van hulle ma’s te skei en in ’n aparte kamp te sit. Jy moes hulle ver van mekaar verwyder sodat hulle mekaar nie kon hoor nie. Die gebruik van die NeusRing maak dit alles makliker.

Leo Roets

Leo Roets van Piet Plessis in Noordwes boer sedert 1996 met Bovelderbeeste, en is ook lid van die Bovelder-studiegroep in die Hoëveld. Hy boer op 5 000ha met 650 aanteeldiere en gebruik al ses jaar EasyWean-NeusRinge. Leo meen die kalwers speen makliker met bitter min skok of stres.

 

“Nie diekoeie of kalwers verloor gewig met speen nie. Hulle gewig kan dalk stilstaan vir
’n week of twee, maar dit gebeur selde. ‘n Koei wat baie gewig in die somerkalfseisoen verloor moet daardie gewig weer in die winter opvang, en dit is nie maklik of goedkoop nie.“Veral verse wat jy weer in jou kudde wil opneem, moenie gewig verloor nie maar eerder optel. Op ons soetveld kan ’n speenvers met ’n goeie winterlek en goeie winterweiding tussen 250 en 300g per dag optel. 

 

Indien ‘n kalf dus 8kg tydens speen verloor, moet jy haar ’n maand langer hou sodat sy weer haar oorspronklike gewig kan bereik. Hoe vroeër die vers haar doelgewig bereik,

hoe vroeër kan sy gepaar word en in die produksielyn inkom.” Volgens Leo hou speenkalfprodusente te maklik kalwers wat gespeen moet word terug as gevolg van lae gewigte of te lae speenkalfpryse. Dit is dándat die produsent agteruit begin boer. Die koei moes al kondisie begin optel het vir haar volgende kalwing oor ongeveer 90 dae, maar nou suip die kalf nog aan haar.


“Om op die regte tyd te speen hou soveel meer voordele vir die kudde se toekoms in as bloot die paar kilogram of Rand wat jy hoop om meer te kry. Die NeusRing is verseker ’n stuk gereedskap wat ek in my boerdery kangebruik. Dit is maklik om aan te sit, is sterk, kan oor en oor gebruik word, én is bekostigbaar.”

‘n Produk met ‘n storie

Judy Richardson van Piet Plessis in Noordwes boer tans met ongeveer 70 Bonsmara-koeie in ’n koei-kalfspeenproduksiestelsel. Die beeste loop in een kudde, met een sentrale waterpunt wat deur een windpomp gevoer word. Sy is vir meer as 30 jaar al betrokke by ekstensiewe vleisbeesproduksie.


Judy was in die vroeë negentigerjare betrokke by ’n beesboerdery naby Vryburg waar 500 kalwers per jaar uit ‘n 1 200-sterk Drakensbergerkudde gespeen is. Hulle het ook veeprodusente regoor Suider-Afrika in holistiese bestuur opgelei. “Enigiemand wat al by beesboerdery en -bestuur betrokke was, sal weet dat speentyd een van die mees spanningsvolle tye op die boerderykalender is. Dit is ’n uiters belangrike tyd wat produksie en kontantvloei betref. Dit het net sin gemaak om ’n makliker manier te ontwikkel, en dis
hoe die EasyWean-NeusRing 26 jaar gelede ontwikkel is.”

‘n Bestuursmiddel

Volgens Judy was hulle aanvanklike motivering vir die ontwikkeling van die NeusRing suiwer ’n bestuursoorweging. “Dit laat toe dat kalwers langs hullemoeders gespeen word. 

 

Dit beteken meer buigsaamheid rondom weidings- en kuddebestuur. Ons het egter in ’n enkele seisoen die talle produksievoordele van stresvrye speen begin sien.Talle van die proewe het noemenswaardige gewigstoename in beide speenkalwers en koeie aangeteken, met min tot geen gewigsverlies. 

 

Nog onverwagte voordele het kop uitgesteek, soos aangeleerde gedrag. Speenkalwers wat by hulle ma’s gebly het gedurende en na speen het geleer om giftige plante soos lantana te vermy. Op een plaas het dit verliese met 100% afgebring.”

Judy meen die NeusRing is die mees suksesvolle speenmetode op ’n klein plaas. Al haar kalwers voltooi die proses langs hul ma’s. Na ’n tydperk van vyf tot tien dae word al die kalwers wat verkoop word gelaai en op die plaaslike veiling verkoop. Vervangingsverse bly in die kudde by hul moeders. Hulle NeusRinge bly vir ongeveer ses weke in totdat laktasie verby is, waarna dit verwyder word. Die gebruik van NeusRinge maak voorsiening vir buigsaamheid in terme van speen. 

 

Dit maak voorsiening vir die speen van kalwers van verskillende ouderdomme op verskillende tye, terwyl hulle almal nog deel van die kudde is. Dit skep ook die geleentheid om vroeër te speen gedurende droogtes.

Kondisie en gewigsverlies

Beesprodusente weet dat herkonsepsie deur die koei se kondisie by kalwing bepaal word. As ’n kalf op sewe maande gespeen word, gee dit die koei vyf maande om haar kondisie te herwin voordat sy weer kalf. Vir die meerderheid speenkalfprodusente in Suid-Afrika gebeur dit in die winter.


Judy verduidelik dat die tradisionele skeidingsmetode op suurveld, byvoorbeeld, tot ’n geskatte gewigsverlies van 30 tot 40kg in koeie, en tot soveel as20 tot 25kg in speenkalwers kan lei. Om dié gewig terug te kry kom teen ‘n hoë voer- en tydskoste. Omdat die gebruik
van die NeusRing hierdie gewigsverlies uitskakel, laat dit die koei toe om vinniger te herstel. 

 

Dit beïnvloed weer haar kondisie by kalwing en dus herkonsepsie. Hoër konsepsievlakke teen bykans geen koste maak eenvoudig finansieel sin. Nog ’n voordeel van die NeusRing is dat eerstekalfkoeie se kalwers vroeg gespeen kan word. Dit laat meer tyd vir die koeie se herstel, wat die kanse op herkonsepsie verhoog.

Vir meer inligting, kontak Judy Richardson by 053 927 4999/082 459 9451 of judy@nosering.co.za.

Soos die natuur dit doen

Judy beskou die gebruik van die NeusRing as ’n meer menslike manier om te speen. “My boerderymetodes boots die natuur soveel as moontlik na, terwyl ek steeds ’n
kommersieel lewensvatbare en groeiende besigheid handhaaf.”

Die NeusRing bied ruimte vir stresvrye speen. Die koei word aangemoedig om haar kalf te speen deur weg te beweeg wanneer ‘n kalf met ’n NeusRing aan haar probeer suip. Judy kan haar jaarlikse konsepsiekoers van 95% handhaaf en kan deur die jaar ‘n enkele kudde bestuur.


Die koste van die NeusRing word in die eerste jaar verhaal deur die verminderde gewigsverlies in koeie en kalwers. Die ringe kan ook vir jare hergebruik word. “Dit is ’n wen-wen situasie en wat my betref, is dit die enigste manier om te speen.”

Privacy Policy / POPI Act

Produced & supplied by Whole Concepts.

© 2026 Whole Concepts. All rights reserved. Designed by ProAgri Media

Privacy Policy / POPI Act

Produced & supplied by Whole Concepts.

© 2026 Whole Concepts. All rights reserved. Designed by ProAgri Media

Privacy Policy / POPI Act

Produced & supplied by Whole Concepts.

© 2026 Whole Concepts. All rights reserved. Designed by ProAgri Media

Privacy Policy / POPI Act

Produced & supplied by Whole Concepts.

© 2026 Whole Concepts. All rights reserved. Designed by ProAgri Media