Joubert Swanepoel
Waar boer jy? Ek boer in die Vryburg/Piet Plessis-omgewing in Noordwes
Met watter beesras boer jy en hoe groot is jou boerdery? Ek boermet Bovelders en my kudde is so tussen 500 en 550 koeie sterk.
Hoe lank is jy al betrokke by beesboerdery? Ek boer sedert 1990 al permanent met beeste.
Hoe lank gebruik jy al die NeusRing? Ek gebruik die NeusRing nou vir die afgelope drie jaar permanent.
Watter voordele ondervind jy met die gebruik van die NeusRing?
Daar is nogal ’n paar interessante voordele vir my. Die eerste is die maklik speen. Jy sit net die neusringetjie aan en die kalf speen langs sy ma. Die voordeel daarvan is natuurlik dat daar geen speenstres is nie. Ons sien dat die koeie en kalfies dit maklik aanvaar. Wat vir ons miskien die belangrikste is, is dat die koeie en kalwers nie rondhardloop op soek na mekaar nie. Die hele speenproses is baie maklik en stresvry vir die koei en die kalf. Om die kalwers dan weg te vat is baie maklik wanneer die melkspeen verby is. Daar’s feitlik geen gewigsverlies in veral die koeie nie. Ons is baie gelukkig daarmee.
Watter lesse het jy geleer deur die NeusRing te gebruik? Die belangrikste is die maklike hantering van ’n dier wat klaar gespeen is. Die speenproses is tweeledig – jy vat die kalf van sy ma af weg en jy snoep hom skielik van sy melk, waarvan hy afhanklik is. Die les wat ek geleer het is dat as jy die melk wegvat vind die proses van skeiding reeds plaas want die kalwers is dan al 7 tot 8 maande oud. Dis in dié stadium dan nie moeilik om hulle onafhanklik van hul ma’s te kry en hulle na ’n ander plek te vat nie. Die koeie aanvaar die speenproses en is vinnig rustig. Die hele proses van stresvry speen is nou ’n moontlikheid. In die verlede was dit ‘n gestoei om ‘n klomp kalwers van hul ma’s te skei en in aparte kampe te sit. Jy moes hulle so ver verwyder van mekaar dat hulle mekaar nie kan hoor nie. Die gebruik van die NeusRing maak dit alles baie makliker.