Leo Roets

Waar boer jy? Ek en my Pa boer saam in die Piet Plessis-omgewing, Noordwes.

Met watter beesras boer jy en hoe groot is jou boerdery? Ons boer vanaf 1996 met Bovelder-beeste, en is ook lid van die Bovelder Studiegroep in die Hoëveld. Ons boer op 5 000 ha met 650 aanteeldiere.

Hoe lank is jy al betrokke by beesboerdery? Ek boer nou 20 jaar, en leer nog elke dag iets nuut.

Hoe lank gebruik jy al die NeusRing? Ons gebruik EasyWean NeusRinge nou al ses jaar lank met speen.

Watter voordele ondervind jy met die gebruik van die NeusRing?
Die NeusRing hou vir my baie voordele in. Koeie en kalwers speen baie makliker met bitter min skok of stres. Koeie en kalwers verloor geen gewig met speen nie. Hulle gewig kan dalk stilstaan vir ’n week of twee, maar dit gebeur baie min. ‘n Mens moet onthou ’n koei in ’n somerkalfseisoen verloor tot 20 kg met speen. Sy moet in die winter daardie gewig weer opvang, en dis nie so maklik of goedkoop nie.
Jy wil veral nie gewigsverlies hê onder verse wat jy weer in jou kudde wil opneem nie. Hulle moet eerder gewig optel. By ons met ons Soetveld, kan ’n speenvers met ’n goeie winterlek en goeie winterweiding tussen 250 g en 300 g per dag optel. Dus, indien ’n kalf 8 kg verloor tydens speen, moet jy haar ’n maand langer hou om net weer haar oorspronklike gewig te bereik. Hoe vroeër die vers haar doelgewig bereik, hoe vroeër kan sy gepaar word en in die produksielyn inkom. Die neusring is maklik om aan te sit, dis sterk en kan oor en oor gebruik word. Dit is ook bekostigbaar.

Watter lesse het jy geleer deur die NeusRing te gebruik? In boerdery het ons baie toerusting wat ons kan gebruik om ons bedryf vir onsself makliker en meer winsgewend te maak. Dit hang van jouself af of jy die regte stuk gereedskap vir die spesifieke taak wil of gaan gebruik. Speen gaan daai kalf gespeen word, dit hang van jou as bestuurder af hoe jy dit gaan doen. Wil jy minimum gewig (geld) verloor of nie? Baie speenkalfboere hou te maklik kalwers wat gespeen moet word terug as gevolg van te lae gewigte of te lae speenkalfpryse. Dis dán dat ons agteruit begin boer. Die koei moes al begin kondisie optel het vir haar volgende kalwing oor +- 90 dae, maar nou suip die kalf nog aan haar. Dis dan wanneer ons ons “fabriek” begin snoep. Om op die regte tyd te speen hou soveel meer voordele in vir die kudde se toekoms as die paar kilogram of rand wat jy hoop om meer te kry. Die NeusRing is beslis ’n stuk gereedskap wat ek kan gebruik in my boerdery

 

 

 

 

 

Order Now!

Online ordering & secure payment here!

Click here for Local Orders 

NoseRing® Distributors

NoseRing® are available in South Africa from any Co-op, veterinary supply store or your local veterinarian.

South Africa

SWAVET (RSA)

Address: Suite 12; Private Bag X2; Lonehill; 2062
Tel: +27 011 704 7218

 Send Email

Namibia

SWAVET NAMBIA

Tel: +264 061 237356

 Send Email

Zambia

LIVESTOCK SERVICES, LUSAKA

Tel: +260 021 125 4497

 Send Email

Australia/ New Zealand

EASYWEAN

Address:
Easy Wean Pty Ltd
ABN 36 107 533 086
7 Bligh Street,
Kilkivan, Qld 4600; AUSTRALIA
Tel: +61 1300 EasyWean (1300 327993)

 Send Email